PropertyValue
?:author
?:datePublished
  • 2021-09-07 (xsd:date)
?:headline
  • Ja, Covid-entstowwe is vinniger ontwikkel as ander entstowwe, maar dit maak dit nie onveilig nie (af)
?:inLanguage
?:itemReviewed
?:mentions
?:reviewBody
  • Read this report in English . ’n Illustrasie wat meer as 340,000 keer op Facebook gedeel is noem 14 virale patogene en hoe lank dit geneem het om ’n entstof teen elk te ontwikkel vandat hulle ontdek is. Die illustrasie se Afrikaanse byskrif lui: Vir al die slim mense wat die vaccine vergelyk met oa die polio vaccine. Volgens die illustrasie het dit net ses maande geneem om Covid 19-entstowwe te ontwikkel, terwyl die polio-entstof 45 jaar lank geneem het. Die ontwikkeling van die entstof teen griep het 12 jaar lank geneem, die kortste tyd naas Covid-19 se entstof. Ons het die datums in die illustrasie gekontroleer op die webtuiste History of Vaccines , wat deur die College of Physicians of Philadelphia onderhou word en goedgekeur is deur die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO). Die inligting in die illustrasie oor ander siektes en entstowwe is grootliks korrek, maar die Facebook-inskrywing impliseer dat die Covid 19-entstof onveilig is omdat dit so vinnig ontwikkel is. Alhoewel 12 miljoen mense in Suid-Afrika reeds ingeënt is, veroorsaak wantroue oor die entstof en vrees vir newe-effekte entstof-huiwerigheid . Is hierdie vrese geldig? Eerste Covid-entstof goedgekeur ’n volle jaar ná ontdekking van siekte Covid-19 is die eerste keer op 31 Desember 2019 deur die Chinese owerhede aangemeld en teen Maart 2020 het die WGO dit as ’n wêreldwye pandemie verklaar. Op 31 Desember 2020, presies ’n jaar later (nie ses maande soos die illustrasie beweer nie) is die eerste entstof teen Covid-19 deur die WGO vir noodgebruik goedgekeur. Dit was die entstof wat ontwikkel is deur die farmakologiese maatskappye Pfizer en BioNTech . Ses entstowwe is intussen deur die WGO goedgekeur vir gebruik. Die mees onlangste is die Sinovac-entstof op 1 Junie 2021. Die Facebook-illustrasie beweer die spoed van die entstowwe se ontwikkeling is waarom die VSA se Food and Drug Administration , of FDA, nie die Covid 19-entstof kan goedkeur nie. Die inskrywing sê niemand weet wat die langtermyn-gevolge van die entstowwe gaan wees nie en dis waar die probleem lê. Die FDA is die organisasie wat verseker dat geneesmiddels in die VSA veilig en effektief is. Die illustrasie is op 4 Augustus 2021 op Facebook geplaas. Op 23 Augustus het die FDA die Pfizer-BioNTech-entstof ten volle goedgekeur vir die VSA. Die Moderna-entstof is deur die FDA goedgekeur vir noodgebruik sedert Desember 2020 en die Johnson & Johnson-inenting vanaf Maart 2021. Regulerende instansies in ander lande, soos die Suid-Afrikaanse Gesondheidsproduktebeheerraad , of Sahpra, het ook die entstowwe in hul lande geëvalueer en goedgekeur . Die entstowwe van Pfizer-BioNTech , Johnson & Johnson en Oxford-AstraZeneca het almal goedkeuring van Sahpra ontvang. Africa Check het feitestate opgestel oor hoe entstowwe in Suid-Afrika , Nigerië en Kenia goedgekeur word. Hoe is die Covid 19-entstof so vinnig ontwikkel? Dit het inderdaad baie jare geneem voor vorige entstowwe, soos die polio-entstof , goedgekeur is vir menslike gebruik. ’n WGO- inligtingstaat verduidelik dat dit deels is omdat die onderskeie fases van entstof-ontwikkeling en -studies gewoonlik stap vir stap uitgevoer word. Maar oor die dringende nood vir die Covid-19-entstof en grootskaalse finansiële en politieke ondersteuning daarvoor, kon sommige van hierdie fases gelyk plaasvind. Sommige kliniese proewe het verskeie entstowwe gelyk geëvalueer. Streng kliniese en veiligheidstandaarde is steeds gehandhaaf, so die proewe was steeds uiters nougeset. Hoekom is daar steeds nie entstowwe vir sommige virusse nie? Sommige virusse wat genoem is in die illustrasie wat op Facebook gedeel is, soos MIV (menslike immunogebreksvirus), die virus wat Vigs veroorsaak, het nog nie ’n entstof nie al is hulle voor Covid-19 ontdek. ’n Vorige feitetoets deur Africa Check verduidelik hoekom daar nog nie ’n entstof vir MIV – of vir kanker of die gewone verkoue – ontwikkel is nie. Dit sluit in dat sommige van hierdie siektes nie net een oorsaak het nie. Lees dit hier . Nuwe boodskapper RNS-tegnologie het dinge vinniger laat gebeur Nog ’n rede waarom die entstowwe so vinnig ontwikkel is, is oor die gebruik van nuwe tegnologie: boodskapper-RNS (bRNS) -entstowwe . Tradisionele entstowwe plaas ’n onaktiewe of verswakte vorm van die virus in die liggaam om ’n immuunreaksie te ontlok. Die immuunstelsel sal dan die virus herken as die persoon in ’n latere stadium geïnfekteer word. Maar bRNS-entstowwe leer ons selle hoe om ’n proteïen te maak wat ’n immuunreaksie ontlok. Daardie immuunreaksie, wat teenliggame produseer, beskerm ons daarvan om geïnfekteer te word wanneer die werklike virus ons liggame binnedring, sê die VSA se Centers for Disease Control , of CDC. Die ontwikkeling van bRNS-virusse is vinniger, aangesien dit die tydrowender taak uitskakel om virusse buite aksie te stel of proteïne te isoleer, volgens die WGO. Maar dit is belangrik om te noem dat, alhoewel die ontwikkeling van die bRNS-entstowwe teen Covid-19 dalk lyk of dit vinnig gebeur het, dit bou op dekades se navorsing oor bRNS-entstowwe. Die tegnologie is lank reeds bestudeer met die oog daarop om siektes soos griep, Zika en hondsdolheid te voorkom. Die Pfizer-BioNTech -entstof gebruik bRNS-tegnologie. Wat is die langtermynnewe-effekte van die entstof? Langtermyn-studies van die Covid 19-entstowwe het die standaardpraktyk gevolg, sê die WGO. Dit sluit in opvolg-evaluasie van deelnemers in kliniese proewe, studies, en algemene monitering van die entstof of farmakologiese waaksaamheid . Volgens die CDC is langtermyn- ernstige newe-effekte van entstowwe uiters onwaarskynlik. Omdat newe-effekte gewoonlik binne ses weke ná die inenting voorkom, het die FDA vereis dat elk van die goedgekeurde Covid 19-entstowwe ten minste twee maande (agt weke) lank ná die laaste dosis bestudeer word. Miljoene mense het Covid 19-entstowwe ontvang, en geen langtermynnewe-effekte is waargeneem nie, sê die CDC. Maar die veiligheid van Covid 19-entstowwe sal voortdurend gemonitor word. Vertaal deur Janita Low. (af)
?:reviewRating
rdf:type
?:url