PropertyValue
?:author
?:datePublished
  • 2021-04-16 (xsd:date)
?:headline
  • Vuil water in Suid-Afrika se Limpopo-provinsie ‘vandag’? Nee, foto is van VSA, en nege jaar oud (af)
?:inLanguage
?:itemReviewed
?:mentions
?:reviewBody
  • Read this report in English . ’n Foto van ’n wasbak vol bruin water is in April 2021 op Facebook geplaas met die bewering dat dit die kwaliteit van kraanwater in Polokwane, die hoofstad van Suid-Afrika se Limpopo-provinsie , wys. So lyk Pietersburg/Polokwane se water weer vandag, lui die onderskrif. Pietersburg is die ou naam vir Polokwane. Die stad ervaar tans watertekorte as gevolg van swak infrastruktuur-onderhoud. Maar is die foto in April 2021 in Polokwane geneem? Ons het gaan vasstel. Besoedeling in San Diego, VSA ’n Omgekeerde beeldsoektog vir die foto wys dat dit al ten minste nege jaar aanlyn is. Dit het in April 2012 in ’n blog-inskrywing oor besoedeling in die Amerikaanse stad, San Diego verskyn. Die onderskrif lui: Kraanwater gekontamineer met heksavalente chroom. Heksavalente chroom , ’n komponent van die metaalelement chroom, is giftig. Die bestanddeel word gebruik vir elektroplatering, die vervaardiging van vlekvrye staal, leerlooiery, tekstielvervaardiging en houtpreservering. Dit kan water, grond en lug besoedel. Die foto beeld nié die waterkwaliteit in Polokwane in 2021 uit nie. (af)
?:reviewRating
rdf:type
?:url