PropertyValue
?:author
?:datePublished
  • 2021-08-20 (xsd:date)
?:headline
  • Nee, Pfizer-baas het Covid-entstof gekry – en ou video-uittreksel buite konteks (af)
?:inLanguage
?:itemReviewed
?:mentions
?:reviewBody
  • Read this report in English . PFIZER CEO HAS NOT YET HAD VACCINE. Dis die statiese teks in hoofletters bo aan ’n TikTok-video wat op 14 August 2021 in Suid-Afrika op Facebook geplaas is. Die video wys 30 sekondes van ’n onderhoud met Albert Bourla , hoof- uitvoerende beampte (HUB) en voorsitter van die Amerikaanse maatskappy Pfizer . Die Pfizer-BioNTech Covid-entstof is in vennootskap met die Duitse biotegnologiese firma BioNTech ontwikkel. In die video sê die verslaggewer Bourla het nog nie sy inenting gehad nie, en vra wanneer hy beplan om dit te kry. So vinnig soos ek kan, sal ek, antwoord hy. Die enigste sensitiwiteit hier, Meg, is dat ek nie die voorbeeld wil stel dat ek voor in die tou indruk nie. Ek is 59 jaar oud, gesond, ek werk nie in die voorlinie nie. So my tipe word nie aanbeveel om die inenting te kry nie. Die video sny dan na ’n 11 sekonde lange uittreksel uit die film iRobot , waar die akteur Will Smith nies voor hy sê: I’m sorry, I’m allergic to bullshit. Die video is op Facebook geplaas met die opmerking : As die CEO van Pfizer nie die shot vat nie! Die inskrywing is in vyf dae meer as 71,000 keer gekyk, het 4,300 opmerkings gekry en is 6,400 gedeel. Die Pfizer BioNTech-entstof is een van ’n aantal Covid 19-entstowwe – insluitend dié van Johnson & Johnson en Oxford-AstraZeneca – wat sover deur die Gesondheidsproduktebeheerraad goedgekeur is vir gebruik in Suid-Afrika. Maar sommige Suid-Afrikaners is steeds huiwerig om die inenting te kry. Wat is die konteks van die video? En het Pfizer se HUB werklik nie die inenting gekry nie? Video van piek van VSA sterftes aan Covid-19 Die 30 sekonde lange uittreksel is uit konteks geneem uit ’n drie minute lange video wat op 14 Desember 2020 op die webwerf van die Amerikaanse nuusuitsaaier CNBC geplaas is. Dit is agt maande terug, toe die VSA die eerste bestellings van die Pfizer-entstof ontvang het. Die VSA was toe in hul tweede – en tot dusver by verre die dodelikste – golf van die pandemie. In die video in Desember het Meg Tirrell , CNBC se senior gesondheids- en wetenskapverslaggewer ’n onderhoud met Bourla gevoer. Die video se titel is: Pfizer CEO Albert Bourla on vaccine hesitancy: ‘Trust science’. Dit beteken: Pfizer se HUB Albert Bourla oor entstofhuiwerigheid: ‘Vertrou die wetenskap’. In die volle video , sê Bourla wel hy wil nie voor in die tou indruk voor werkers in die voorlinie nie. Maar hy voeg by dat ’n Pfizer-meningspeiling aangedui het dat dit mense meer vertroue sou gee as die maatskappy se HUB die inenting kry as selfs wanneer ’n VSA-president die inenting sou kry. Met dit in gedagte, probeer ek ’n manier te vind om die inenting te kry, al is dit nie my beurt nie, het Bourla gesê . Net om die sekerheid van die maatskappy te demonstreer. ‘Ek wil hê geliefdes moet dieselfde geleentheid hê’ Bourla het op 10 Maart 2021 sy tweede dosis van die Pfizer-BioNTech-entstof ontvang. Hy het ’n foto getweet waar hy die inenting kry en geskryf : Opgewonde om my 2de dosis van die Pfizer/BioNTech #COVID19-inenting te kry. Daar’s niks wat ek liewer sou wou hê as dat my geliefdes en mense oral oor die wêreld dieselfde geleentheid kry nie. Alhoewel die reis nog lank nie oor is nie, werk ons onvermoeid om die virus te oorwin. In ’n onderhoud met Axios op HBO , ’n aktuele sake-program in die VSA, het Bourla bevestig dat hy albei dosisse van die Pfizer-entstof ontvang het. Hy sê dat hy sy beurt afgewag het om die inenting te kry en nou bevry voel. Daar’s niks wat ek liewer sou wou hê as dat my geliefdes en mense oral oor die wêreld dieselfde geleentheid kry nie. (af)
?:reviewRating
rdf:type
?:url