PropertyValue
?:author
?:datePublished
  • 2021-07-08 (xsd:date)
?:headline
  • Stoom met Zam-Buk en uie in jou kouse sal nie Covid-19 genees nie (af)
?:inLanguage
?:itemReviewed
?:mentions
?:reviewBody
  • Read this report in English . ’n Facebook-inskrywing wat meer as 7,500 keer gedeel is beweer Zam-Buk-salf en uie in jou kouse sal Covid-19 genees. Sit water op stoof met Zambuk in en stoom 4 keer n dag en smeer die bors en rug en onder die voete met Zambuk, lui die inskrywing. Die inskrywing sê ook jy moet skyfies uie in jou kouse sit en dit in die huis dra want die groente trek al die bakterie en kieme aan. Africa Check het die bewerings oor uie in jou sokkies , sowel as die inaseming van stoom as kuur vir Covid-19 as vals bewys. Ons het die bewering oor Zam-Buk ondersoek. Zam-Buk genees nie Covid-19 nie Zam-Buk is ’n Suid-Afrikaanse reeks produkte , versprei deur Bayer , wat kruiesalf, lipsalf en borssmeermiddel insluit . Bayer bemark die borssmeermiddel se vermoë om ’n verstopte neus en bors, simptome van Covid-19, oop te maak. Maar Zam-Buk se bemarking maak geen bewerings dat die produkte Covid-19 kan genees nie. Bayer het aan Africa Check gesê dat Zam-Buk bedoel is om tydelike verligting van die pyn en gejeuk geassosieer met minder ernstige brandwonde, sonbrand, insekbyte en ander minder ernstige velirritasies te bring. Die maatskappy sê dit kan ook spierkrampe en rumatiek verlig. Bayers sê Zam-Buk-salf is slegs bedoel vir eksterne gebruik. Hulle beveel nie aan dat dit met stoom ingeasem word nie. Zam-Buk is NIE ’n produk wat aangedui word vir die terapeutiese verligting van Covid 19 nie, het hulle aan Africa Check gesê. ’n Vorige Africa Check-feitetoets verduidelik dat stoominaseming nie Covid-19 kan genees nie, omdat die stoom nie die selle bereik wat deur die virus besmet is nie. Die inaseming van stoom kan ook gevaarlik wees, omdat dit brandwonde kan veroorsaak en die delikate vliese in die neus kan beskadig. Uie-mite dateer uit die 1500’s In 2019 het Africa Check die bewering dat snye uie op jou voete siektes oornag sal genees vals bewys. Dié boereraat dateer uit die 1500’s , toe mense geglo het dat uie in die huis hulle teen die builepes sou beskerm. Daar is gesondheidsvoordele daarin om uie te eet. Maar die VSA se National Onion Association het aan Africa Check gesê dat niks nog bekend is oor of die stowwe in uie beskermende of inhiberende effekte op Covid-19 het nie. In ’n verklaring , sê die organisasie: Dit is belangrik om ’n mediese dokter te raadpleeg oor opsies om ernstige siektes soos Covid-19 te voorkom of te behandel. (af)
?:reviewRating
rdf:type
?:url