PropertyValue
?:author
?:datePublished
  • 2021-06-07 (xsd:date)
?:headline
  • Suid-Afrikaanse akteur Ben Kruger is dood aan Covid – nie ná ’n inenting nie (af)
?:inLanguage
?:itemReviewed
?:mentions
?:reviewBody
  • Read this report in English . Die dood van die Suid-Afrikaanse akteur Ben Kruger, bekend vir sy rol in die Afrikaanse sepie Binnelanders, is op 26 May 2021 aangekondig . Die nuus oor Kruger se dood is bekend gemaak deur KykNET, die netwerk wat Binnelanders vervaardig en uitsaai. Maar kort ná die aankondiging het inskrywings op Facebook begin verskyn wat beweer dat Kruger dood is kort ná hy ’n inenting teen Covid-19 ontvang het. Die algemeenste weergawe van dié bewering is ’n beeld met ’n foto van Kruger en die woorde: DOOD NA COVID INSPUITING... 3 DAE. Maar dit is vals. Kruger se dood is toegeskryf aan Covid 19-komplikasies. En volgens ’n mede-akteur in Binnelanders het Kruger nooit ’n Covid 19-inenting gekry het nie. Bewerings is ‘propaganda’ volgens Kruger se mede-sepiester Kort ná die valse bewerings begin verskyn het, het Germandt Geldenhuys , een van Kruger se mede-akteurs op Binnelanders, op Facebook verklaar dis nie waar nie. Ben Kruger is NIE oorlede a.g.v ’n inenting teen COVID nie, het Geldenhuys geskryf . Hy het nooit so inenting ontvang nie. Geldenhuys het voortgegaan om te sê dat Kruger nie verdien dat sy dood as propaganda gebruik word nie, en het herhaal dat Kruger dood is aan Covid 19-komplikasies, soos elders berig is. Kruger is nie die eerste bekende figuur wie se dood valslik toegeskryf is aan ’n Covid 19-entstof nie. Africa Check het onlangs ’n bewering vals bewys dat verskeie beroemdes dood is kort ná hul inenting. Dit sluit in die rapper bekend as DMX, wat skynbaar nié ’n inenting gekry het nie. Covid 19-entstowwe het streng toetse ondergaan om te verseker dat hulle veilig is en Covid-19 effektief voorkom. Om meer te leer oor hoe die entstowwe goedgekeur word, lees ons feitestate oor die goedkeuringsproses vir entstowwe in Suid-Afrika , Nigerië , en Kenia . (af)
?:reviewRating
rdf:type
?:url