PropertyValue
?:author
?:datePublished
  • 2021-06-22 (xsd:date)
?:headline
  • Geen ‘belangrike inligting’ hier – Covid 19-raad op Facebook vals (af)
?:inLanguage
?:itemReviewed
?:mentions
?:reviewBody
  • Read this report in English . Terwyl Suid-Afrika teen die derde golf van Covid-19 veg, beweer ’n boodskap op Facebook dat dit belangrike inligting oor die koronavirus het. Dit noem dan ’n aantal Covid-simptome en stel verskillende maniere voor om die siekte te keer. Dit sluit in om alkaliese kosse te eet, elke dag in die son te sit en net warm kos te eet. Maar baie van die raad in die boodskap , wat al duisende kere gedeel is, is verkeerd. Africa Check het in die verlede variasies daarvan , wat in baie boodskappe in Engels wyd op sosiale media gedeel is, vals bewys. Ons het weer na ons bevindinge gaan kyk. Alkaliese kos sal nie Covid-19 keer nie Die boodskap beweer die Sars-CoV-2-virus wat Covid-19 veroorsaak het ’n unieke pH-vlak en al wat ons dus moet doen om die virus uit te skakel, is om meer alkaliese kosse te eet. Dit is vals en is oral verkeerd bewys . Africa Check het die bewering al so lank terug as Maart 2020 aangespreek. Oyewale Tomori , professor in virologie by die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO), het vir ons verduidelik : Koronavirus het niks te doen met die maag nie, so hoe beveg hierdie ‘alkaliese kosse’ soos suurlemoen, lemmetjie, avokado en knoffel die virus? Hy sê mense moet die bewering ignoreer. Verder is die pH-waardes van die ‘alkaliese kosse’ wat gelys word heeltemal verkeerd. Dit lyk of dit sommer direk uit ’n ouer weergawe van hierdie misleidende boodskap gekopieer is. Suurlemoene se pH is daarvolgens 9.2, wat hulle alkalies sal maak. In werklikheid is suurlemoene suurvormend en selfs die eenvoudigste eksperimente wys dat hul pH nader aan 2 is. Die boodskap is ook swak in Afrikaans vertaal, met kossoorte soos watercress vertaal as waterblomme . Waterblomme of waterblommetjies is die blomme van ’n Suid-Afrikaanse waterplant wat as ’n soort groente geëet word, nie ’n soort bronslaai, soos watercress nie. Ander stappe ewe oneffektief Die Facebook-inskrywing stel ook voor dat mense elke dag vir 15 tot 20 minute in die son sit. Maar dit sal niks doen om die oordrag van Covid-19 te keer nie. Soos die WGO opmerk, kan die siekte oorgedra word in enige klimaat, insluitende areas met warm, vogtige klimate. Die inskrywing beveel aan dat alle voedsel moet warm wees (nie koud nie). Die VSA se Centers for Disease Control and Prevention (CDC) skryf dat daar geen bewyse is wat aandui dat die hantering of inname van kos met Covid-19 geassosieer word nie. ’n Reuters-feitetoets het ook gevind dat warm kosse, sonlig en ’n alkaliese dieet nie Covid-19 sal voorkom nie. Reuters het verder ander voorgestelde voorsorgmaatreëls ondersoek. Hulle skryf dat vitamiene C, gereelde slaap en genoeg water jou kan help om gesond te bly en vinniger gesond te word as jy siek is, maar dat dié stappe nie Covid-19 kan keer of genees nie. Simptome van Covid-19 Die Facebook-inskrywing noem ’n klomp simptome van Covid-19, en baie daarvan is reg, maar daar is geen bewyse dat simptome in drie verskillende fases verskyn nie. Die CDC sê dat simptome enige tyd binne twee en 14 dae ná blootstelling aan die Sars-CoV-2-virus kan verskyn. Die WGO dui aan die algemeenste simptome van Covid-19 is koors, ’n droë hoes en moegheid. Maar nie almal sal al hierdie simptome hê nie. Ander simptome wat sommige maar nie alle mense sal affekteer nie sluit in verlies van smaak of reuk, pyn en ongemak, hoofpyn, ’n seer keel, ’n toe neus, rooi oë, diarree, of ’n veluitslag. Spierpyn kom nie net om die niere voor soos die Facebook-inskrywing beweer nie. En die CDC en WGO noem nié ’n brandende gevoel wanneer jy urineer as ’n simptoom van Covid-19 nie. Volg die aanbevelings van vertroude gesondheidsowerhede om Covid te keer en te behandel, eerder as anonieme boodskappe op sosiale media. (af)
?:reviewRating
rdf:type
?:url