PropertyValue
?:author
?:datePublished
  • 2021-06-09 (xsd:date)
?:headline
  • Nee, bRNS-entstowwe gebruik nie die CRISPR-geenredigering-instrument nie en kan nie menslike DNS verander nie (af)
?:inLanguage
?:itemReviewed
?:mentions
?:reviewBody
  • Read this report in English . ’n Boodskap is op 5 Junie 2021 op Facebook geplaas wat beweer dat dit wetenskaplik bewys is dat Pfizer se boodskapper-RNS (bRNS) Covid 19-entstof menslike DNS verander. Dit is natuurlik wetenskaplik oor en oor bewys dat die jou DNA kan verander Die Phizer entsof mRNA se werksverigting is dat dit JUIS die metodiek is van die DNA verandering, lui die boodskap. Dit sluit ’n grafiek met die titel Gene editing – geenredigering – in. Die teks onder die titel beweer: A DNA editing technique, called CRISPR/Cas9, works like a biological version of a word-processing programme’s ‘find and replace’ function. Dit kan vertaal word as: ’n DNS-redigeringtegniek genaamd CRISPR/Cas9, werk soos ’n biologiese weergawe van ’n woordverwerkingsprogram se ‘vind en vervang’-funksie. Onder dié verduideliking verskyn ’n illustrasie wat wys hoe die tegniek meebring dat selle met ’n DNS-snydende ensiem en ’n gidsmolekule geïnfekteer word wat DNS-stringe teiken, die teikenstring versnipper en die DNS aanpas met ’n veranderde DNS-string. Maar beeld die grafiek die geenredigering-tegnologie uit wat bRNS-entstowwe gebruik om ’n persoon se DNS te verander? Ons het gaan vasstel. Grafiek in 2015 gepubliseer Die grafiek is oorspronklik amper ses jaar terug in 2015 op die Wêreld- Ekonomiese Forum se webtuiste gepubliseer . Dit verskyn in ’n artikel oor die CRISPR Cas9-geenredigering-instrument , wat wetenskaplikes toelaat om DNS maklik te redigeer en potensieel gebruik kan word om genetiese gebreke te behandel, siektes uit te wis, en selfs die tekort aan organe vir oorplantings te beëindig. In daardie stadium was die tegnologie nog in die toetsfase om te bepaal of dit veilig is om op mense gebruik te word. CRISPR-tegnologie is ondersoek in verband met Covid-19. Tot dusver is dit getoets as ’n instrument om Covid-19 te diagnoseer . Meer onlangs is dit getoets in studies op diere om te sien of die CRISPR-stelsel gebruik kan word as ’n ingeasemde antivirale terapie teen enige tipe virusgriep, insluitend Covid-19. Ons kon geen bewyse kry dat die Pfizer-entstof CRISPR-tegnologie in die liggaam inspuit nie. Hoe bRNS-entstowwe werk Boodskapper-RNS (bRNS) entstowwe is ’n nuwe soort entstoftegnologie. Om te verstaan hoe hulle werk, moet ons DNS en RNS verstaan. (Dis DNA en RNA in Engels.) Deoksiribonukleïensuur of DNS is die molekule wat die genetiese inligting vir alle lewende dinge bevat. Die meeste DNS is binne in die nukleus van ’n sel. Ribonukleïensuur of RNS is soortgelyk aan DNS. Een van die take waarvoor selle RNS gebruik is as boodskapper-RNS of bRNS ( mRNA in Engels). Dié bRNS bevat stelle instruksies om proteïene in selle te maak. ’n bRNS-entstof werk deur boodskappe te stuur wat gee die liggaam instruksies om ’n spesifieke proteïen te maak. Die proteïen veroorsaak ’n immuunreaksie wat teenliggame teen die Covid-19 virus produseer. Kort nadat die instruksies deur die selle gelees is, breek die liggaam natuurlik die bRNS af . Daar is tans twee bRNS-entstowwe, die Pfizer-BioNTech-entstof en die Moderna-entstof , wat in verskeie lande vir gebruik goedgekeur is. Die New York Times se koronavirus-entstofgids verduidelik in groter detail hoe hulle werk . Entstowwe kan nie menslike DNS verander nie Wetenskaplikes by die Meedan Digital Health Lab sê ’n bRNS-entstof kan nie veranderings maak aan menslike DNS nie, nie eens tydelik nie. Om menslike DNS te verander, sal jy genetiese materiaal van ’n ander organisme moet invoeg in die nukleus van die selle in ’n menslike liggaam wat hul natuurlike DNS bevat, verduidelik hulle. Die bRNS dring nie die nukleus binne nie: dit bly in die selplasma van die sel waar die stekelproteïen gemaak word. Dit is ook relatief broos, dit verswak en word afgebreek in die sel binne omtrent 72 uur, die rede waarom dit teen sulke lae temperature gestoor moet word. bRNS-entstowwe gebruik nie ’n geenredigering-tegnologie genaamd CRISPR om menslike DNS te verander nie. Die bRNS-entstowwe kan nie menslike DNS verander nie omdat hulle nie die nukleus van die sel binnedring nie. (af)
?:reviewRating
rdf:type
?:url