PropertyValue
?:author
?:datePublished
  • 2021-08-23 (xsd:date)
?:headline
  • Vergeet ‘Global Warming’? Suidelike Afrika se paar koue dae in Julie is nie bewyse teen klimaatverandering nie (af)
?:inLanguage
?:itemReviewed
?:mentions
?:reviewBody
  • Read this report in English . Vergeet ‘Global Warming’ – Suider Afrika Beleef die Koudste Julie Ooit met Moontlike Sneeu op Tafelberg! lees die opskrif van ’n Afrikaanse artikel op die Suid-Afrikaanse webtuiste Nuus.net. Die artikel gee verskeie voorbeelde van vriesende temperature regoor die gebied. Dit kom tot die slotsom dat dié weer dien as voorbeeld van die wêreldwye verkoeling, en sal terselfdertyd nog ’n spyker in die globaliste se ‘Global Warming’ propaganda slaan. Die artikel is duisende kere op Facebook gedeel sedert dit in Julie 2021 verskyn het. Maar was dié maand Suidelike Afrika se koudste ooit? En is kouer weer werklik bewyse dat die wêreld besig is om kouer te word, nie warmer nie? Geen bewyse dat 2021 ‘koudste Julie ooit’ was Julie 2021 in Suidelike Afrika was koud gewees. Die Gautengse weerdiens het op Twitter gewaarsku dat 22 Julie moontlik Johannesburg se koudste dag op rekord was sedert Julie 2011, en dat die Suid-Afrikaanse stad uiters skaars sneeuval ervaar het. En op 19 Julie het die Suid-Afrikaanse Weerdiens gewaarsku dat die land ’n week lank baie koue temperature sal sien met koue fronte wat ontwrigtende sneeuval in sommige dele van die land sal bring. Maar ons kon geen bewyse vind dat die koudste Julie ooit was nie. Die Nuus.net-artikel verskaf geen bron vir hul bewerings nie. Maar hulle noem wel verskeie plekke in Suider-Afrika waar daar skynbaar ongeëwenaarde lae temperature gemeet is. Dit sluit ’n laagste temperatuur van -7.7°C wat op 15 Julie in Tsabong, Botswana, gemeet is sowel as -6.2°C en -5.6°C wat in twee ander areas in die land gemeet is. Hulle beweer dat dié temperature die laagste minimum temperature op rekord vir dié areas is. Die bron van die temperature is blykbaar die Twitter-rekening Extreme Temperatures Around The World – @extremetemps – ’n rekening wat deur die klimatoloog Maximiliano Herrera bestuur word. Die rekening deel voorbeelde van onlangse uiterste weersomstandighede – die meeste daarvan uiters hoë temperature regoor die wêreld . Herrera sê op sy webtuiste dat hy sy inligting oor temperature verkry van weerwagte regoor die wêreld. Maar hy gee nie ’n uitgebreide uiteensetting van historiese rekords van temperature in Suider Afrika of selfs die spesifieke bronne wat gebruik is nie. Nietemin spreek Herrera se tweets in werklikheid Nuus.net se bewerings teë. Herrera se tweet oor Suider Afrika se koue front in mid-Julie gebruik amper identiese bewoording en diagramme as Nuus.net. Maar hy sê nie dit die laagste temperature op rekord nie, nie eens vir Julie nie. (2) Southern Africa Cold Spell: In #Botswana there was also harsh frost: -7.7C at Tsabong (it holds the national record low with -10.6C in July 1953),-6.2C at Werda and -5.6C at Tshane. Next update for South Africa:tomorrow. Watch a new intense cold wave is coming in few days ! pic.twitter.com/rjxIeQ0OOv — Extreme Temperatures Around The World (@extremetemps) July 15, 2021 Byvoorbeeld, in sy tweet oor die lae -7.7°C in Tsabong, sê Herrera dat Tsabong die rekord hou vir Botswana se laagste temperatuur op rekord: -10.6°C in Julie 1953. Herrera skryf wel dat die -10.0°C laagtepunt wat in Namibië op 15 Julie gemeet is die laagste temp. in Julie vir Namibië was, maar voeg by dat dit nog bevestig moet word. Hy sê nie of dit die temperatuur of die rekord is wat onbevestig is nie. Africa Check kon nie die temperatuur onafhanklik bevestig uit data wat openbaar beskikbaar is nie. Selfs as Nuus.net se bewerings akkuraat is, beteken dit nie dat Julie 2021 die koudste ooit in Suider Afrika was nie. Die temperatuur regoor die hele gebied is nie dieselfde as die temperatuur in een plek in daardie gebied nie. In langtermyn-klimaatstudies , hou wetenskaplikes nie net tred van ’n enkele temperatuur by ’n enkele plek nie. Hulle kyk eerder na die gemiddelde temperatuur oor ’n groot gebied. Een so ’n studie oor vyf dekades wys duidelik ’n verwarmende tendens regoor Suider-Afrika. Laastens, is die Nuus.net-artikel op 20 Julie gepubliseer, lank voor die maand verby was. Dit gebruik nie gemiddelde temperatuur-data vir die volle maand nie, en kan dus nie beweer dat Julie 2021 Suider-Afrika se koudste ooit was nie. Geen ‘wêreldwye verkoeling’ En die wêreldklimaat is nie besig om af te koel nie. In Augustus 2021 het die Intergovernmental Panel on Climate Change (IPCC), ’n VN-liggaam wat geskep is om wetenskap oor klimaatsverandering te evalueer, ’n mylpaalverslag vrygestel wat die bewyse vir en waarskynlike uitkomste van wêreldwye klimaatsverandering in detail uiteensit. In die 1,300 bladsy lange opsomming van wetenskaplike bewyse , sê die IPCC-verslag: Elk van die laaste vier dekades was agtereenvolgend warmer as enige dekade vanaf 1850 wat dit voorgegaan het. Klimaatverandering het meer as net warmer temperature tot gevolg. Ongewone weertoestande soos die ernstige koue in baie dele van Noord-Amerika in 2019 is ook toegeskryf aan ’n verhoging in wêreldwye temperature. Bewerings oor ‘globaliste se propaganda’ verbind met anti-Semitiese samesweringsteorieë Die Nuus.net-artikel se bewerings oor die klimaat is vals. Maar ’n ander bewering dat bewyse van klimaatverandering globaliste se propaganda is, is ook kommerwekkend. Die Anti-Defamation League (ADL), ’n anti-haatorganisasie wat in 1913 gestig is om ’n vlaag anti-Semitisme en onverdraagsaamheid aan te spreek, sê die term globalist word gereeld deur anti-Semiete gebruik as ’n kodewoord vir Joodse mense. Alhoewel die woord nie op sigself anti-Semities is nie, sê die ADL dat dit nou gebruik word as ’n anti-Semitiese belediging. Die woord globalist word dikwels verbind aan anti-Semitiese samesweringsteorieë dat ’n groepie Joodse elite in beheer is van die wêreld se media, industrieë en regerings. Nuus.net se vals bewering oor die aarde se klimaat is veral gevaarlik in die lig van dié verband met ernstiger en openlik haatlike samesweringsteorieë. Vertaling deur Janita Low. (af)
?:reviewRating
rdf:type
?:url