PropertyValue
?:author
?:datePublished
  • 2021-04-21 (xsd:date)
?:headline
  • Nee, Coca-Cola en McDonald’s het nie opgehou om wit mense in topposisies aan te stel nie (af)
?:inLanguage
?:itemReviewed
?:mentions
?:reviewBody
  • Read this report in English . McDonalds and Coke have both announced no whites will be hired in top positions, lui ’n skermskoot van ’n Facebook-statusbywerking wat wéér op 30 Maart 2021 in Suid-Afrika op Facebook geplaas is . Dit kan vertaal word as: McDonalds en Coke het albei aangekondig dat geen wittes in topposisies aangestel sal word nie. Daar is geen aanduiding wie dit oorspronklik op Facebook geplaas het of wanneer dit geplaas is nie. Dit is geplaas met die opmerking : Is jy steeds lus vir ‘n McDonald’s burger en Coke. Indien wel, dan’t jy ook mos nie ‘n probleem met plaasmoorde ens nie? Die skermskoot het ook op Facebook-blaaie verskyn wat in die VSA en VK gebaseer is. Het McDonald’s en Coca-Cola aangekondig dat hulle geen wit mense in topposisies gaan aanstel nie? Ons het gaan vasstel. McDonald’s en Coca-Cola diversifiseer personeel Op 18 Februarie het McDonald’s ’n persverklaring uitgereik wat ’n inisiatief aankondig wat Allyship through Accountability genoem word. Dit beoog om die diverse gemeenskappe waarin ons werk te verteenwoordig deur die diversiteit van ons leierskap uit te brei. Die maatskappy verbind hulle daartoe om teen 2025 die verteenwoordiging van histories onderverteenwoordigde groepe in senior rolle soos senior direkteur en hoër tot 35% en die verteenwoordiging van vroue in dié rolle tot 45% uit te brei. Die firma beoog om teen 2030 geslagsgelykheid in hul leierskap te hê. Data vir 2020 dui aan dat 29% van McDonald’s se leierskap uit histories onderverteenwoordigde groepe kom, terwyl vroue 37% van die firma se leierskapposisies beklee. Maar die persverklaring sê nie dat die firma gaan ophou om wit mense in topposisies aan te stel nie. Coca-Cola het ’n soortegelyke inisiatief aangekondig om hul personeel te diversifiseer. Die maatskappy het hulle daartoe verbind om die markte wat ons bedien te weerspieël deur seker te maak die rasseverteenwoordiging van hul werknemers oor alle afdelings stem ooreen met die VSA-sensusdata. Dit is gelyk aan 13% Swart, 18% Spaans, en 6% Asiatiese werknemers op alle posvlakke teen 2030. Die persverklaring sê weereens nie dat die maatskappy gaan ophou om wit mense in topposte aan te stel nie. Die sosiale media-inskrywings is vals. Coca-Cola en McDonald’s het nie aangekondig dat hulle nie meer wit mense as senior personeel gaan aanstel nie. (af)
?:reviewRating
rdf:type
?:url