PropertyValue
?:author
?:datePublished
  • 2021-09-14 (xsd:date)
?:headline
  • Nee, VSA-departement van verdediging het nié ’n mikroskyfie ontwikkel wat Covid kan bespeur nie (af)
?:inLanguage
?:itemReviewed
?:mentions
?:reviewBody
  • Read this report in English . Die Pentagon het ’n nuwe mikroskyfie ontwikkel wat Covid-19 in die liggaam bespeur, sê ’n aanbieder in ’n video-uittreksel van Russia Today (RT) wat in Augustus 2021 op Facebook geplaas is. Die video is gedeel deur verskeie kykers as bevestiging van populêre samesweringsteorieë teen entstowwe. RT is ’n nuuskanaal wat beheer en befonds word deur Rusland se federale regering. Die Pentagon is die hoofkwartier van die VSA se departement van verdediging en die gebou se naam word dikwels as kortskrif vir die departement gebruik. Een gebruiker wat die video in Suid-Afrika op Facebook geplaas het gesê: Wat se julle nou??? Is die anti-vaxers regtig so dof???? Maar dit is eintlik ’n geval van foutiewe verslaggewing. Die sensor is nie ’n mikroskyfie nie en dit is nie ontwikkel om Covid-19 te bespeur nie. Die verslaggewing daaroor is ook swak. Wat is die werklikheid in dié geval? Jelsensor lank voor Covid 19-epidemie ontwikkel Die uittreksels is uit ’n langer video op RT se YouTube-kanaal geneem. RT het ook ’n artikel gepubliseer wat aanvanklik ’n mikroskyfie wat virusse soos Covid-19 kan identifiseer indien hulle onder jou vel is beskryf. Die bewering is deur die Suid-Afrikaanse nuusblad Independent Online (IOL) gedeel, wat geskryf het : Wetenskaplikes by die VSA se Defence Advanced Research Projects Agency (Darpa) het ’n hoëtegnologie-mikroskyfie ontwikkel wat onder die vel geplaas word om Covid-19 te bespeur voor simptome vorm. Die verslaggewing is gebaseer op ’n nuusberig wat oorspronklik deur CBS News in die VSA uitgesaai is op hul gereelde TV-nuusprogram, 60 Minutes. Die berig is ’n onderhoud met die spesialis in aansteeklike siektes, Dr Matt Hepburn, wat tegnologieë bespreek wat ontwerp is om te help om toekomstige pandemies te voorkom of daarop te reageer. Die tegnologieë word deur Darpa befonds, soos gerapporteer deur IOL en RT, maar is nie deur die agentskap ontwikkel nie. Een van die tegnologieë is ’n klein jelsensor wat onder die vel ingeplant kan word. Dit is ontwikkel deur die maatskappy Profusa , wat in 2016 ’n multimiljoendollar-kontrak van Darpa ontvang het vir inplantbare biosensors vir die gelyktydige, voortdurende monitering van meervoudige liggaamlike chemiese prosesse. Daarop gemik om intydse monitering van ’n vegsoldaat se gesondheidstoestand te verskaf. Die jelsensor, wat in hierdie 2018-inskrywing op die Profusa-webblad beskryf word, reageer op chemiese reaksies in ’n persoon se bloed wat op siekte kan dui deur lig uit te straal. Dit is nie ’n mikroskyfie, ’n elektroniese toestel, nie. Dit bevat geen metale of elektroniese komponente nie. ’n Eksterne sensor moet op die veloppervlak geplak word om enige reaksie in die jel te bespeur. In die 60 Minutes- berig vra die verslaggewer Bill Whitaker taamlik misleidend: Daar is ’n werklike sender in daardie–, waarop Hepburn antwoord Ja. Dis soos ’n ‘toets enjin’-liggie. In werklikheid is daar geen sender in die jelsensor nie. In hierdie konsep videos uit 2018 kan gesien word hoe ’n elektroniese sensor geplak op die oppervlak van die vel die lig waarneem wat deur die jelsensor twee tot vier millimeters diep onder die vel uitgestraal word. En soos die video’s demonstreer, is die sensor lank voor die Covid 19-pandemie ontwikkel. Die RT-uittreksel beweer dat dit Covid-19 in die liggaam bespeur, maar dit is nie waar nie. Die sensor kan op veranderinge in die bloed soos vallende suurstofvlakke reageer, maar soos Hepburn op 60 Minutes verduidelik , moet ’n bloedtoets of ander siftingsprosesse uitgevoer word om die oorsaak van die veranderinge te bepaal. Bewering gekontroleer en (gedeeltelik) gekorrigeer Die bewering is al baie keer gekontroleer . RT het die artikel op hul webtuiste gekorrigeer om dit duidelik te maak dat die sensor nie ’n mikroskyfie is wat die oorsaak van veranderings in die liggaam kan bepaal nie. Maar die video waarin die verslaggewer na die sensor as ’n mikroskyfie verwys en sê dat kykers bekommerd moet wees, is steeds op RT se YouTube-kanaal. RT is al verskeie kere gekritiseer oor onakkurate verslaggewing. In 2020 het ’n berig verskyn in die Journal of Communication wat bevind het dat die Russiese nuuskanaal gebruik word as ’n instrument van die staat se verdedigingsbeleid om in die politiek van ander state in te meng. (af)
?:reviewRating
rdf:type
?:url